ע מ נ וא ל immanuel
Welkom, O Stille Nag Van Vrede Nuwe Liedboek 358
Welkom, o stille nag van vrede, onder die suiderkruis; Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom, Kersfees kom Gee aan God die eer. Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal. Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom Gee aan God die eer. Skenk ons n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk, toe Hy sy Seun aan ons gegee het ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom Gee aan God die eer. Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.
Prys die Here vanuit die hemele
Prys die Here vanuit die hemele; prys die Here alle engele; prys Hom son en maan, prys Hom alle sterre! Prys die Here en sy grote Naam!
Prys die Here van die aarde af, uit die see en van die berge af. Prys Hom bome, diere, plante en riviere. Prys die Here en sy grote Naam!
Prys die Here alle volke saam; mans en vroue, prys die Heer se naam. Prys Hom konings, vorste, oud en jonk tesame. Prys die Here en sy grote Naam!
U s my Here en ek prys U Naam; U s verhewe, hoor my loflied aan. Heer, U majesteit strek oor aard en hemel; U s my Here, en ek prys U Naam!
U s my Here, en ek prys U Naam! U s my Here, en ek prys U Naam
ע מ נ וא ל immanuel
Want so lief het God die Wêreld gehad. Nuwe Liedboek 329
Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enig-gebore Seun gestuur het, gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Ken Hom in al jou weë, Ken Hom in al jou weë, Dan sal Hy jou paaie Gelyk maak, Gelyk maak, Gelyk maak. Ken Hom in al jou weë.
Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enig-gebore Seun gestuur het, gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Ken Hom in al jou weë, Ken Hom in al jou weë, Dan sal Hy jou paaie Gelyk maak, Gelyk maak, Gelyk maak. Ken Hom in al jou weë.
KERSTYD Kersfees begin reeds die aand na sonsondergang op 24 Desember en duur vir twaalf dae tot die fees van Epifanie op die 6e Januarie. Dit verduidelik dan ook die Engelse Kersliedjie The Twelve days of Christmas. immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD Die Engelse naam Christmas, word afgelei van Christ mass, of 'n mis gehou ter ere van die geboorte van Christus op 25 Desember. immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD 'n Interessante ou gebruik wat nou verval het is die viering van die twaalf dae van Kersfees van 25 Desember tot 5 Januarie. Dit fokus op die geskenke wat ons van God ontvang: immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD Dag een: Jesus Christus, die eniggebore Seun van God Dag twee: Die twee dele van die Bybel, die Ou en die Nuwe Testament immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD Dag drie: Die drie groot deugde, geloof, hoop en liefde Dag vier: Die vier evangelies, Matteus, Markus, Lukas en Johannes immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD Dag vyf: Die Pentateug, of die eerste vyf boeke van die Bybel, Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD Dag ses: Die ses dae van die skepping Dag sewe: Die sewe gawes van die Gees (Rom 12, 1 Kor 12) immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD Dag agt: Die agt saligsprekinge (Matt 5) Dag nege: Die vrug van die Gees (Gal 5:22) immanuel ע מ נ וא ל
KERSTYD Dag tien: Die Tien Gebooie Dag elf: Die elf getroue dissipels Dag twaalf: Die twaalf artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis. immanuel ע מ נ וא ל
EPIFANIE 6 Januarie Die woord Epifanie beteken verskyning of openbaarmaking en word in die kerkjaar gebruik om te verwys na God se verskyning in die wêreld met die geboorte van Jesus. immanuel ע מ נ וא ל
ע מ נ וא ל immanuel
mét ons is God
JESAJA 7:14 Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. immanuel ע מ נ וא ל
JESAJA 8:8 Hy sal Juda binnedring, die hele land oorstroom en daardeur vloei totdat hy skouerhoogte bereik. Hy sal sy vlerke uitsprei totdat dit jou land heeltemal oordek, Immanuel. immanuel ע מ נ וא ל
PSALM 46:8 Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela immanuel ע מ נ וא ל
MATTEUS 1:23 Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God by ons. immanuel ע מ נ וא ל
MATTEUS 28:18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. immanuel ע מ נ וא ל
MATTEUS 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en immanuel ע מ נ וא ל
MATTEUS 28:20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. immanuel ע מ נ וא ל
MATTEUS 1 IMMANUEL MATTEUS 28 Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 26 In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 27 Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. 28 Toe die engel by haar kom, sê hy: Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 29 Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. 30 Die engel sê toe vir haar: Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 31 Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 33 en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 34 Maar Maria sê vir die engel: Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie? immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 35 Die engel antwoord haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 36 Kyk, 'n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook 'n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 37 Niks is vir God onmoontlik nie. 38 Maria sê toe: Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het. Toe het die engel van haar af weggegaan. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 Ek is tot beskikking van die Here. immanuel ע מ נ וא ל
LUKAS 1 28 Toe die engel by haar kom, sê hy: Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou. immanuel ע מ נ וא ל
IMMANUEL Omdat Hy Immanuel, God met my is, is ek tot beskikking van die Here in 2019 immanuel ע מ נ וא ל
Doen slegs U wil, Heer SOM 9
Doen slegs U wil, Heer U wil met my U, Pottebakker met my, die klei Vorm my en maak my net soos U wil op U vertrou ek nederig, stil Vers 1
Doen slegs U wil, Heer U wil met my laat ek nie doelloos nutteloos bly U is die Lewe wil my herskep! U weet die beste net U kan red! Vers 2
Hou my gewillig onder U hand lei my emosies krag en verstand U wil ek liefhê navolg en eer U is almagtig U moet regeer Vers 3
U is almagtig U moet regeer Vers 3
OPENBARING 21:3 Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. immanuel ע מ נ וא ל
Die Heiland is gebore Nuwe Liedboek 353
Die Heiland is gebore, Soos eeue reeds voorspel. Daar in die stad van Dawid Word Hy Immanuel. Met blye hemelkore Wil ons ook juig en sing: Ons Heiland is gebore Dis Hy wat redding bring!
Wie glo in Jesus Christus, word nou sy eiendom. Hy gee die reg tot kindskap aan dié wat glo in Hom. Juis daarom juig ons harte opnuut dié Kersfeestyd: Ons Heiland is gebore vertel dit wêreldwyd